Sport

Suikerbosrand Atletiekklub se atlete dring deur na ASA landloopkampioenskappe

Al die atlete is in die AVD provinsiale span opgeneem wat op 8 September aan die jaarlikse Atletiek Suid-Afrika landloopkampioenskappe in Port Elizabeth gaan deelneem.

Suikerbosrand Atletiekklub se landloopseisoen het op 5 Mei afgeskop en die langasems het reeds ses ligabyeenkomste agter die rug.

28 Atlete het ook op 4 Augustus aan die Atletiek Vaal-Driehoek (AVD) se landloopkampioenskappe wat by Randwater se Zuikerbos pompstasie aangebied is, deelgeneem en uitstekend gevaar.

Die volgende atlete het eersteplekke behaal: Lohané Aucamp (o/9), Jean-Pear Delport (o/10), en Sarien Botha (o/16). Nkanyezi Gwebu (o/15), Lindie Coetzee (o/15) en Duhané du Plessis (o/17) het tweedeplekke behaal terwyl Adriaan Botha (o/11), Wiepke Schoeman (o/12), Annericke Bornman (o/14) en Claudia Oosthuizen (junior vroue) derdeplekke behaal het.
Al die atlete is in die AVD provinsiale span opgeneem wat op 8 September aan die jaarlikse Atletiek Suid-Afrika landloopkampioenskappe in Port Elizabeth gaan deelneem.

 

Rickus Bornman, Johan Delport, Jean-Pear Delport, Deziree Joubert, Tiané Steyn, Sarien Botha, Lindie Coetzee, Duhané du Plessis, Annericke Bornman, Aneli du Plessis, Dylan Coetzee, Nihann Botha en Paul Steyn verteenwoordig Heidelberg se atlete verbonde aan Suikerbosrand Atletiekklub. Gabriella Roos, Wiepke Schoeman, Nkanyezi Gwebu en Claudia Oosthuizen was afwesig

 

Volg ons:

         

Facebook      Twitter

Related Articles

Back to top button