Regstelling: Die Berge vyfde op rugby punteleer ná oorwinning teenoor Katlehong

Heidelberg Rugbyklub het die afgelope naweek (28 Julie) kragte teen Katlehong Rugbyklub gemeet en 'n vyfdeplek op die punteleer behaal.

Die wedstryd wat by Hoër Volkskool se velde gespeel is, het vir groot opwinding onder toeskouers gesorg, veral toe die tuisspan ‘n oorwinning van 24-20 beklink het.

Die puntemakers was Wayne de Waal (1), Juandré van Wyk (1) Alwin Jansen (1). Jason van Jaarsveld en Jansen het elk ‘n drie verdoel. ‘n Strafdrie is ook aan Die Berge toegeken.

Met hul oorwinning teenoor Katlehong het Die Berge vyfdeplek op die punteleer behaal en dring nie deur na die semi-finaal soos berig in vandag se uitgawe nie.

Die volgende kragmeting teen die Buffels vind op 4 Augustus by HOëRSKOOL BALFOUR se velde plaas.

Ondersteuners is welkom om die wedstryd by te woon.

Exit mobile version