Local sportSportBreaking News

Oud-Springbok en legende by Nigel Rugbyklub sterf op 77

NIGEL - Oud-Springbok vleuel Norman Michael Riley is op 7 Januarie in die ouderdom van 77 jaar oorlede.

Norman is op 25 Februarie 1939 in Springs gebore en het in die sestigerjare sy rugbyloopbaan na skool by Nigel Rugbyklub voortgesit.

Hy is deur die destydse Oos-Transvaal Rugby Unie opgeraap, maar het ook later die veld vir Vrystaat Rugby Unie opgedraf, voor hy op 24 Augustus 1963 (op 24-jarige ouderdom) sy buiging vir die Springbokke in ‘n wedstryd teen Australië gemaak het.

Norman was vir etlike jare ‘n trotste ondersteuner van Nigel Rugbyklub en ‘n gereelde gesig onder die toeskouers.

Agter: Nelie Smith; Tommy Bedford; Norman Riley. Middel: Gert Cilliers; Haas Schoeman; Stompie v/d Merwe; Jannie Engelbrecht; Poens Prinsloo en Hannes Marais. Voor: Ronnie Hill; Fanie Kuhn; Dave Steward; Avril Malan (kaptein); John Gainsford en Lionel Wilson.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button