Local sportSport

Nigel JKA gaan van krag tot krag

NIGEL - Nigel JKA Karateklub het die afgelope agt jaar van krag tot krag gegaan en beskik oor junior sowel as senior klasse.

Die klub word deur Sensei Bernard Raubenheimer bestuur en hy het reeds 41 jaar ondervinding in karatekuns. Sensei Bernard beskik self oor n vierde Dan (swart gordel) en is besig met voorbereiding vir die vyfde, waarvan die gradering eersdaags plaasvind.

Op kompetisievlak het hy internasionaal meegeding en was vanaf 1986 tot 1994 ‘n gereelde lid van die Transvaal en later Suid-Gauteng provinsiale span. In 1997 het sensei Bernard as lid van die nasionale polisiespan na Europa getoer en is tans ‘n hoogs aangeskrewe skeidsregter. Hy was gedurende 2012 tot 2014 as hoof-skeidsregter by die nasionale JKA kampioenskappe aangewys. Meer as 2000 lede van regoor die land het aan dié kampioenskappe meegeding.

Nigel JKA het sedert sy ontstaan reeds agt swartgordels opgelewer. “Die klub vaar goed en ek is veral beïndruk met die kinders se toewyding en harde werk,” het sensei Bernard gesê.
Tydens die Nasionale kampioenskappe het die klub drie medaljes gewen. Katy-Ann Walker en Biehan Wepener het onderskeidelik goud en silwer in die Kata afdeling gewen , terwyl Zandre Marais in die kumite afdeling nie alleen ‘n medalje gewen het nie, maar ook gekwalifiseer het om aan die Afrika kampioenskappe op 26 September deel te neem. Sensei Bernard glo dat nog vele meer nasionale kampioene uit die klub sal kom en nooi alle belangstellendes om aan te sluit. Oefening vind op Maandae en Woensdae vanaf 17:30 by die Kenmekaar Dienssentrum plaas.

Lede van Nigel JKA het tydens die area gradering in Heidelberg op 5 September na hul volgende gordels gradeer en is reeds hard aan die oefen vir die gradering in Mei aanstaande jaar. Vir meer inligting, skakel Sensei Bernard by 083 489 8231.

 

20150909_181252
Katy-Ann Walker en Biehan Wepener het tydens die nasionale kampioenskappe onderskeidelik goud en silwer in die kata afdeling gewen, terwyl Zandre Marais in die kumite afdeling nie alleen ‘n medalje gewen het nie, maar ook gekwalifiseer het om aan die Afrika kampioenskappe op 26 September deel te neem.

Related Articles

Back to top button