SchoolsSport

Volksool leerders bring hul kant

Wenners word by Volkskool gekweek.

Leerders van Hoër Volkskool het die afgelope week nie op hulle laat wag nie en goed gevaar op verskeie gebiede.

Wiskunde Olimpiade:

Volkskool se junior NW Wiskunde Olimpiade spanne het tydens die distrikuitdunne goed gevaar. Volksool het ‘n eerste en derde plek ingepalm. Die span wat eerste gekom het, het ook deurgedring na ‘n provinsiale rondte. Die span is: Liam Coetzee, Lene le Roux en Markus Everson. Die span wat derde geplaas was: Jua Rautenbach, Mario-Ree Pottas en Carlo du Toit.

Rugby:

Die Volkskool se o15 sewes rugbyspan het die Valke afdeling gewen en met Jeugland in die finaal afgereken.
Die eindtelling was Volkskool 36 – Jeugland 5.

Volkskool se volgende wedstryde in die sewesreeks is volgende naweek by Monument Hoërskool in Krugersdorp.

Hokkie:

Volkskool se seuns hokkiespanne het teen Boksburg High te staan gekom. Die juniors verloor 1-0 en die seniors wen 1-0.

Gewigoptel:

Calvin Sweeney het aan ‘n gewigoptel kompetisie deelgeneem en het verskeie rekords in die proses verbeter.

Calvin Sweeney het verskeie rekords by ‘n gewigoptel kompetisie verbeter.
Die Wiskunde Olimpiade distrik derde plek wenners is Jua Rautenbach, Mario-Ree Pottas en Carlo du Toit.
Die Wiskunde Olimpiade distrik wenners is Liam Coetzee, Lene le Roux en Markus Everson.
Volkskool se seuns hokkiespan.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button