Leerders behaal sukses op die sportveld

Die Hoër Volkskool leerders het die afgelope tyd gewoeker op die veld en baan.

Sportspanne van die Hoër Volkskool het onlangs hul merk op die sportvelde gemaak.

• Op die krieketveld het Volkskool se eerste- en o15A-span onlangs teen Overvaal kragte gemeet.

In die o15A wedstryd het Overvaal 186, almal uit aangeteken in ‘n 50-beurt wedstryd.

Heidelberg het die wentotaal in 43 beurte behaal vir die verlies van sewe paaltjies.

Quintin Dietrechsen het 76 lopies, nie uit nie, aangeteken.

Heidelberg se eerste span het eerste gekolf. Heidelberg het 406 lopies vir die verlies van ses paaltjies aangeteken. Matthew Wentzel het 172 aangeteken.

Overvaal het deur hulle kolfbeurt gesukkel en is almal uit vir 135 lopies in 35 boulbeurte.

• Op die rugbyveld was die Daryl Weir Sewes-toernooi by Volkskool vir o15 en o17 spelers aangebied.

Volkskool se o15 span was naaswenners. Die o17B-span was skildwenners en die o17A-span het vierde geëindig.

• Bryan Wiggill het aan ‘n Tennis SA toernooi in Honeydew in die o19 ouderdomsgroep deelgeneem waar hy as wenner van die baan gestap het.

Brian Wiggill was o19 wenner by die onlangse Tennis SA toernooi.
Exit mobile version