Schools

Volksool leerders woeker

Leerders het presteer in landloop, rugby en skaak.

Verskeie van die Hoër Volkskool leerders het die afgelope week uitstekend gevaar in landloop, op die rugbyveld en agter die skaakbord.

• Landloop

Tydens die D7-landloop kampioenskappe het die Volkies se langasems so gevaar:

Atlete wat eerste plekke behaal het: Kay-Lee Billings (dogters o17), Christian Smuts (seuns o17) en Tristan van Wyk (seuns o13).

Naaswenners: Jane Wepener (dogters o16) en Anzelle Doubell (dogters o17).

Luné Wepener (dogters o16) het ‘n derde plek behaal, Luyanda Willemse (dogters o15) en Rickus Bornman (seuns o14) het vierde plekke behaal en Katelynn van Wyk (dogters o16) het ‘n vyfde plek losgehardloop.

Tristan van Wyk, Luné Wepener, Jane Wepener en Katelynn van Wyk het ook gekwalifiseer om op 16 September aan die Atletiek Suid-Afrika Landloop Kampioenskappe in Gqeberha deel te neem.

• Rugby

Die Noordvaal Rugbyliga is besig om einde se kant toe te staan.

Volkskool het ‘n span in elke ouderdomsgroep in die uitspeelwedstryde gehad.

Die uitslae is: o14 Volkskool 5 – Oos-Moot 13, o15 Volkskool 33 – Jeugland 15, o16 Volkskool 3 – Ligbron 18 en eerste span Volkskool 5 – Oos-Moot 25.

Met die oorwinning van die o15 span het hulle na die finaal deurgedring. Dit sal op 26 Augustus teen Hoërskool Ben Vorster by Hoërskool Secunda plaasvind.

• Skaak

Volkies se skaakspan het aan die Gauteng Skaak kampioenskappe deelgeneem.

Daar was 30 spanne wat elkeen gewedywer het om die beste skuiwe te maak.

Na afloop van die kampioenskappe het Volkskool se span algeheel 16de geeïndig.

Luné Wepener.
Jane Wepener.
Katelynn van Wyk.
Tristan van Wyk.

Related Articles

Back to top button