SchoolsSport

Volkskool netbal en hokkie vaar uitstekend

Die netbal- en hokkiespanne het hul harte uitgespeel.

Die Hoër Volkskool se netbalspanne het vanaf 16 tot 18 Junie aan die Gauteng Netbalkampioenskappe deelgeneem.

Volkskool se o14-, o15-, o16-, o17- en o19 spanne het gespeel.

Die o15-afdeling het uit 40 skole bestaan.

Die o14, o16 asook o17-afdelings het 26 skole gehad wat teen mekaar meegeding het en by die o19’s het 25 skole kragte gemeet.

Na die afloop van die kampioenskappe het Volkskool se spanne so geëindig: o14 13de posisie, o16 12de, o17 sewende en o19 sesde.

Volkies se eerste hokkiespan het ook in die D5 semi-finale teen Hoërskool Die Anker te staan gekom.

Volkskool se eerste span het die wedstryd 5-3 gewen en kom teen Brandwag in die finaal te staan.

Met dié sege het die eerste hokkiespan gekwalifiseer om aan die Noordvaal kompetisie deel te neem.

Related Articles

 
Back to top button