SchoolsSport

Atlete gee hul bes vir plek in die D7-span

Groter Heidelberg atletiek byeenkons lewer hoogtepunte.

Die Hoër Volkskool het onlangs gasheer gespeel vir die Groter Heidelberg atletiekkampioenskappe vir hoërskole.

D7-span plekke was die mikpunt vir die deelnemers wat eerste en tweede in hul onderskeie items gekom het.

Die skole wat aan die byeenkoms deelgeneem het was: Heidelberg Academy, Mountainview High School, Khanya Lesedi Sports School, Ratanda Secondary School, Fundamental Factory, Tuisonderrig leerders, Zoë Skool en Hoër Volkskool.

Die D7-atletiekkampioenskappe vir hoërskole het op 24 Februarie te DP de Villiers Stadion in Sasolburg plaasgevind.

Lihandi Venter stoot die gewig ver in die o15 gewigstoot-item.
Tiaan Holloway (o17) tydens die 200m-item.
Mshengu Mabuza in die 200m-item.
Emma Barnard laat waai in die 200m-item.
Jessica Wehmeyer seil oor die dwarslat.
Anjo Swart seil oor die dwarslat in die seuns hoogspring-item.
Calsey Ristow (Tuisonderrig) in die o19 200m-item.
Zinhle Kubheka (o15) wys die teenstanders hakskene in die 200m.
Anke Wiersma en Kaylee Stoltz (o17) tydens die 200m-item.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button