SchoolsSport

Gemengde welslae vir Volkskool

Die o15 span het hulself behoorlik laat geld in hulle wedstryd teen Overvaal.

Hoër Volkskool se o15 en eerste span was op 15 Oktober in aksie gewees.

Die o15 span het hulself behoorlik laat geld in hulle wedstryd teen Overvaal.

Overvaal het eerste gekolf in die eendag wedstryd en was almal uit in die 22ste boulbeurt vir 80 lopies.

In antwoord daarop het Volkskool die wen totaal bereik in die 10de boulbeurt vir die verlies van net een paaltjie.

Die beste kolwers vir Volkskool: Biehan Wepener 26 nie uit nie, Martin Joubert 17 nie uit nie en Maro Harthopf 35.

Die beste boulers: Maro Hartkopf drie paaltjies vir 18 lopies in ses boulbeurte en Dandre Louw met drie paaltjies vir 12 lopies in vier boulbeurte.

Volkskool se eerste span het teen Dr Malan te staan gekom en het harde bene gekou.

Dr Malan het eerste gekolf en is almal uit vir 111 lopies in 23 boulbeurte.

Volkskool kon net 75 lopies aanteken in 19 boulbeurte voordat die laaste speler uitgehaal was.

Volkskool se beste kolwers: Anjo Swart 11, Ruben Janse van Vuuren 13, Matthew Wentzel 14.

Die beste boulontleding vir Volkskool: Anjo Swart 4 paaltjies vir 32 lopies in ses boulbeurte, Keane Duckitt twee paaltjies vir 27 lopies in ses boulbeurte, Matthew Wentzel twee paaltjies vir 19 lopies in vyf boulbeurte en Mark Wesley-Drinkwater twee paaltjies vir een lopie in een boulbeurt.

Related Articles

Back to top button