SchoolsSport

Landloopatlete vaar goed by SA’s

Wiepke Schoeman is as kampioen gekroon in haar ouderdomsgroep.

Verskeie Heidelbergers het aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe, wat op 2 Oktober in Oos-Londen plaasgevind het, deelgeneem.

Die atlete het hul beste gegee en daarmee bewys dat Heidelberg inderdaad oor goeie langafstandatlete beskik.
Daar was altesaam 13 provinsies wat aan die wedlope deelgeneem het. Elke span het ses atlete per ouderdomsgroep ingeskryf en daar was ongeveer 78 atlete wat per item deelgeneem het.

Daar is oor ‘n afstand van 4km gehardloop.

Wiepke Schoeman (o16, Hoërskool Zwartkop) het in haar ouderdomsgroep hakskene vir al die ander deelnemers gewys en is as kampioen gekroon.

Sy het met ‘n goue medalje en trofee huis toe gegaan.

Katleho Khumalo (o14, Fountains Five Primary School) het homself uitstekend van sy taak gekwyt en het tweede oor die eindstreep gehardloop om ‘n silwer medalje te verower.

Adriaan Coetzee (o11, Laer Volkskool) het 13de in sy wedloop klaar gemaak.

Annericke Bornman (Graad 12, Hoër Volkskool) was 17de in haar ouderdomsgroep en Katelyn van Wyk (o15, Hoër Volkskool) het ‘n 27ste plek behaal.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button