Schools

Volkskool o14 rugbyspan is Noordvaal kampioene

Die o15 span het hule bes gegee maar kon nie die wedstryd in hul guns beklink.

Hoër Volkskool het twee rugbyspanne gehad wat onlangs aan die Noordvaal liga eindwedstryde deelgeneem het.

Die wedstryde was op Hoërskool Klerksdorp se velde beslis.

Die o15’s van Volkskool het teen Lichtenburg die knie met 12-10 gebuig.

Die wedstryd was deurentyd in die weegskaal gewees en Lichtenburg het die wen eers twee minute voor die eindfluitjie beklink.

Volkskool se o14 rugbyspan is as Noordvaal kampioene gekroon.

Die o14’s het Volkskool se naam hoog gehou en het teen Hoërskool Jeugland te staan gekom.

Dit was duidelik dat die span een doel voor oë gehad het – om as wenners gekroon te word. Met uitstekende spel en doelgerigte verdediging was daar nie keer aan die span nie.

Volkskool wen 26-17.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button