Laer Volkskool atlete dring deur na Gauteng kampioenskappe
Die atlete het vyf rekords laat spat.

‘n Groot groep atlete van Laer Volkskool het aan die D7 atletiekkampioenskappe deelgeneem.
Altesaam 19 atlete het eerste en tweede plekke behaal. Vyf nuwe rekords het ook in die slag gebly.
Die uitblinkers is: Limari Ernst (o10 hoogspring 1.22m), Steph Pretorius (o10 hoogspring 1.33m), Ashley Burke (o13 hoogspring 1.55m), Jayden McClimtock (o10 verspring 4.48m) en Corlia Greyling (o13 75m hekkies 12.66).
Sestien atlete van die skool, wat in die D7 atletiekspan opgeneem is, gaan op 14 en 15 Maart aan die Gauteng Kampioenskappe deelneem.
Hulle is: Corlia Greyling, Limari Ernst, Steph Pretorius, Ashley Burke, Kaspian Rooseboom, Jayden McClintock, Clemens Pretorius, Wian Gildenhuys, Olivia Hamman, Sebastian Martin, Thando Dlamini, Stephan Swanepoel, Zara-Jane van Niekerk, Christiaan Lewis, Eduard Oosthuizen en Brussouw Kraftt.