Local news
Volkies skitter by Gauteng tweekamp kampioenskappe
Volkie atlete kwalifiseer vir tweekamp SA's
Drie leerders van die Hoër Volkskool het die afgelope naweek aan die Gauteng interprovinsiale tweekamp kampioenskappe deelgeneem.
Die byeenkoms was by die Universiteit van die Witwatersrand aangebied.
Huib Sprong (o19), Willem-Jan Sprong (o17) en Zandré Smook (o19) het Heidelberg sowel as Volkskool goed verteenwoordig.
Die tweekamp bestaan uit ‘n kombinasie van twee dissiplines wat ‘n 800m wedloop asook ‘n 100m swem insluit.
Huib Sprong het in sy ouderdomsgroep goud verower en Zandré Smook het silwer verower.
In die o17-ouderdomsgroep het Willem-Jan Sprong silwer verower.
Al drie die atlete het gekwalifiseer om op 22 Maart aan die SA tweekamp kampioenskappe in Oudtshoorn deel te neem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.