Local newsSport

Karatekas op pad na Japan

Sensei Bernard en vyf studente vertrek ook binnekort na Japan om Suid-Afrika te verteenwoorig.

Ses studente van Sensei Bernard Dojo`s het onlangs hul swart gordel gradering geslaag.

Die studente is Olivier Nguba, Matteo Res, Divan Kotze, Elani Smith, Markus Everson en Franco Botha.

“Die karatekas het die afgelope paar maande tot vier klasse per week bygewoon en hulself intensief voorberei vir die gradering,” het sensei Bernard Raubenheimer gesê.

Al die nuwe swart gordels is by Sensei Bernard Dojo`s se swartgordel groep ingelyf op 8 Oktober. Die dojo`s beskik nou oor 28 swartgordels.

‘n Verdere vier studente is tans besig met voorbereiding vir hulle onderskeie swartgordel gradering in November.

Bernard en vyf studente vertrek ook binnekort na Japan waar hulle aan die 16de Gichin Funakoshi Wêreld Kampioenskappe in Tasaki vanaf 25 tot 27 Oktober gaan deelneem.

Dit is die eerste keer na die Covid pandemie wat die wêreld kampioenskappe weer aangebied gaan word.

Altesaam 64 lande sal aan die kampioenskappe deelneem.

Die karatekas wat Suid-Afrika in Japan gaan verteenwoordig is: Sensei Bernard (kata en kumite), Ruben Venter (kata), Liezel Rautenbach (kata en kumite), Chriselda Viljoen (kata en kumite), Matteo Res (kata en kumite) en Divan Kotze (kata en kumite).

Die nuwe swartgordels: Elani Smith, Franco Botha, sensei Flippie Venter, Olivier Nguba, Bernhard Raubenheimer, Markus Everson, sensei Karen Raubenheimer, Matteo Res en Divan Kotze.

“Ek is baie trots op my studente en glo dat hulle hulself goed sal kan bewys tydens die Wêreld Kampioenskappe,” het Bernard gesê.

Hy vertrek ‘n paar dae vroeër as die span na Japan, om eers die jaarlikse herfs seminaar vir die instrukteurs by te woon.

Hy sal ook poog om die hoogste vlak instrukteur status te bereik en die teoretiese en praktiese eksamen daarvoor aflê.

Indien hy dit sou slaag sal hy sy A-vlak (internasionale) status op instrukteurs- en skeidsregtervlak bereik het.

Daarna sal hy by die span in Tasaki aansluit waar hy in die veterane afdelings sal meeding.

Die volgende kampioenskap op die kalender is die Sensei Dries La Grange Memorial Kampioenskappe wat op 16 November by Hoër Volkskool aangebied gaan word.

Op die stadium is daar reeds 11 ander dojo`s wat aan die kampioenskappe gaan deelneem.

Belangstellendes kan Bernard by 083 489 8231 kontak.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Katlego Tau

A skilled Social Media Manager and Digital Content Creator with over 8 years of experience, great at creating engaging content and driving online presence.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button