Heigel Fotoklub se fotograwe vang pragfoto’s vas

Persone wat belangstel om meer van die klub te wete te kom kan die voorsitter, Francois van Jaarsveld by 083 659 9657 kontak.

Die Heigel Fotoklub se tweede laaste vergadering vir die jaar het op 9 Oktober plaasgevind.

Tydens die vergadering is die Oktober maand se ingeskrewe foto’s beoordeel en bespreek en die wenfoto’s is ook aangewys.

Die tema vir Oktober was Tafelblad. Die wenners is:

Beste voorgeskrewe tema (Tafelblad): Brassed Grapes deur fotograaf Eugene Viljoen.

Oktober se vooskrewe tema wenfoto, Brassed Grapes is deur Eugene Viljoen geneem.

Algehele wenfoto: Naaldekoker deur fotograaf Myra Lourens en beste junior foto: Cerberg Harpuisbos deur fotograaf Elize Botha.

Oktober se beste junior foto inskrywing was Cerberg Harpuisbos deur Elize Botha.

Die tema vir November is: Bokéh (kleur).

Persone wat belangstel om meer van die klub te wete te kom kan die voorsitter, Francois van Jaarsveld by 083 659 9657 kontak.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version