Eerste balle rol by Heidelberg Rolbalklub se besigheidsliga

Die besigheidsliga spanne is kop aan kop na die eerste ronde.

Die eerste balle in die Heidelberg Rolbalklub se Lente Besigheidsliga is op 10 Oktober in groot afwagting gerol.

Die gewilde besigheidsliga word twee keer per jaar gespeel met die Herfs Liga in Maart en die Lente Liga in Oktober.

In die verlede is die wedstryde net op een baan beslis maar die nuutste weergawe van die liga is uitgebrei sodat meer spanne kan meeding. Die spanne het uitgebrei na 24.

Die opening van die liga is behartig deur die president van Heidelberg Rolbalklub, Elmarie Eygelaar wat almal verwelkom het.

Heidelberg Rolbalklub se president, Elmarie Eygelaar het almal welkom geheet.

Die visie president Herman van der Merwe het die verloop an die liga aan al die deelnemers verduidelik.

Heidelberg Rolbalklub se visie president, Herman van der Merwe.

Die wedstryde gaan oor drie agtereenvolgende Donderdae beslis word waar ‘n vierde Donderdag opsy gesit is net ingeval die reën spel in die wiele ry.

Die spanne gaan vir die top toekenning, naamlik die spantrofee meeding.

Buiten dié trofee is daar oor ‘n gees- en ‘toucher’ trofee wat op die spel is.

Al die spanne sal tydens die liga in ‘n rondomtalie formaat teen mekaar te staan kom.

Die groot spelers wat aan die toernooi deelneem.

Na die eerste ronde was daar ‘n kop aan kop wedywering deur Jetor in eerste plek en Auto-Ren tweede, waar die ander spanne sterk op hulle hakke is.

In die ‘toucher’ afdeling was daar reeds ‘n stewige 52 ‘touchers’ gewees.

Die meester rolbal spelers van die Heidelberg Rolbalklub is ook byderhand om raad te gee vir enige speler wat onseker is of sukkel met hulle spel.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version