Nuwe bestuur gekies vir VLU Rensburg-tak

Die volgende vergadering sal op 9 November plaasvind wat Susan Smit se eerste vergadering as voorsitter sal wees.

Die VLU Rensburg-tak het tydens hul vergadering op 8 Oktober ‘n nuwe bestuur gekies wat die leisels sal oorneem vir die volgende twee jaar.

Susan Smit het by Marty Jerling oorgeneem as nuwe voorsitter.

Jerling is verkies tot onder-voorsitter, Louise Verdonck as sekretaresse, Elmarie Eygelaar as skakelbeampte en tesourier.

Addisionele lede is Anet Hammond, Laetitia Erasmus, Geraldine Janck, Yolande Klingbiel en Penny Bamine.

Nadat die nuwe bestuurspan gekies is, het die oggend se verrigtinge voortgegaan met beplanning vir die res van die jaar, besprekings oor die Rooihaan as voël van die jaar en die nuttige gebruike van koeksoda is gedeel.

Jerling het die dames aangemoedig om die Kerswerksoggend op 29 Oktober by te woon waar daar eenvoudige Kersvaders gemaak gaan word uit sokkies en klein koeldrankbottels.

Marty Jerling oorhandig die Voorsitter balkie aan Susan Smit wat verkies is tot voorsitter.

Die Kersvaders sal deur die SAVLU na kinderhuise en hospitale gestuur word.

Jerling het ook genoem dat die VLU Rensburg tak baie blootstelling kan kry tydens die Kwêla Dorp van die jaar makietie op 1 en 2 November en dat die dames van die geleentheid gebruik moet maak.

Die volgende vergadering sal op 9 November plaasvind wat Susan se eerste vergadering as voorsitter sal wees.

As uittredende voorsitter van die afgelope vier jaar het Jerling gesê: “Ek het my tyd as voorsitter baie geniet. Ek is dankbaar vir elkeen se ondersteuning en bydrae tot die tak se groei en wens die nuwe voorsitter alle voorspoed toe.”

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version