Reuse hoenderbraai ten bate van behoeftiges

Daar is sowat 200 hoenders op die dag gebraai.

Die Gereformeerde Kerk, Heidelberg het op 5 Oktober ‘n reuse hoenderbraai op die sportgronde van die Hoër Volkskool gehou.

Die geleentheid was ten bate van behoeftige gemeentelede van die kerk.

Van die hoenders wat op groot roosters gebraai is.

Daar is ongeveer 200 hoenders verkoop om op die dag gebraai te word in ‘n ontspanne atmosfeer waar almal ‘n gesellige samesyn kon geniet.

“Ons wil verseker dat die behoeftiges in ons gemeente hul las ‘n bietjie ligter las dra,” het ds Werner Brotherton gesê.

Ds Werner en Pieter Brotherton.

“Ons wil in die toekoms ook begin om met die bejaardes in die gemeenskap te werk en hopelik by ‘n aftree oord of twee betrokke te raak,” het Brotherton bygevoeg.

Van die kinders het mini-rugby wedstryde gespeel.

Behalwe vir die braaiery het die kinders hulself gate uit geniet met sandputte, springkastele, mini rugbywedstryde en nog meer.

Die kunstenaar Pieter Marcato het die gaste op die dag met musiek vermaak.

Die kunstenaar Pieter Marcato het die gaste vermaak met musiek.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version