Ballet hou talentvolle Volkie op haar tone

Sy is ook een van ‘n uitgesoekte vyf dansers wat tydens die vertoning die Arabiese dans gaan opvoer.

‘n Ballerina van die Hoër Volkskool, Liané du Plessis is gekies om deel te wees van die Youth Russian Ballet Company se The Nutcracker opvoering.

Liané was deel van ‘n groep dansers wat suksesvol was met hul oudisie.

Sy is ook een van ‘n uitgesoekte vyf dansers wat tydens die vertoning die Arabiese dans gaan opvoer.

Du Plessis het ook onlangs aan die IAAASA (Integrated Artistic Acrobatic Association of South Africa) se Akro Sport kompetisie deelgeneem en was as algehele wenner in haar afdeling gekroon.

Liané het daarmee haar IAAASA nasionale kleure in Akro Sport verwerf.

Liané du Plessis.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version