Local news

Vat so! Nog ‘n Aitsa toekenning vir Vatvas Dansorkes

Die gewilde orkes spog met verskeie toekennings agter hulle naam.

Die gewilde Vatvas Dansorkes het tydens die onlangse Aitsa Afrikaanse Musiek toekennings weer met ‘n toekenning onder die arm weggestap.

Die orkes bestaan uit plaaslike lede van Heidelberg, Balfour en Nigel met Rudie Grobler (ritme kitaar), Martin Viljoen (baskitaar) en Koos van Dyk (dromme).

Die geleentheid het op 18 September by die 3CI Ouditorium in Pretoria plaasgevind en vanjaar was daar ‘n rekord totaal van 591 inskrywings in verskeie kategorieë gewees.

Mededingers kon slegs musieksnitte inskryf wat vanaf 1 April 2023 tot 31 Maart 2024 uitgereik was.

Die Vatvas Dansorkes se wen musieksnit was Rudie se Tokkel en is in die Boeremusiek afdeling as wenner aangekondig.

Die gewilde orkes spog met verskeie toekennings agter hulle naam wat die Aitsa Afrikaanse Musiek toekennings, Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaarstoekennings, Ghoemas en SATMAS insluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button