Nostalgiese atmosfeer en klassieke styl heers by Great Train Race

Die jaarlikse Great Train Race het honderde besoekers gelok, met die ikoniese Rovos Rail-stoomtrein as hoogtepunt.

Die jaarlikse Great Train Race wat op 28 September in Heidelberg plaasgevind het, het soos in die verlede besoekers van heinde en vêr gelok.

Die luukse Rovos Rail stoomtrein het ongeveer 09:45 by die ou Heidelberg Stasie aangekom waar besoekers kon foto’s neem van die nostalgiese trein, wat as een die mees luukste treine in die wêreld beskou word.

Die besoekers het ritte op die mini stoomtrein geniet.

Die Heidelberg Great Train Race vind jaarliks in die Suid-Afrikaanse Erfenismaand plaas ter viering van die oorspronklike wedren wat in 1930 ontstaan het toe ‘n Bentley voertuig teen die Franse Blou trein in ‘n wedloop betrokke was.

Sedertdien is die wedloop in verskeie lande en dorpe gevier en Heidelberg het ook vir die afgelope ses jaar die geskiedenis laat herleef.

Outydse voertuie verlaat die stasie op pad na die vliegveld toe.

Daar was geen tekort aan gaste nie en talle besoekers en plaaslike inwoners het op gepaste wyse volgens 1930’s modes opgetof om die geleentheid te vier.

Graham Blackbeard en Gerald Burrell by hul outydse voertuig.

Nadat besoekers die trein besigtig het, het die outydse motors en motorfietse in ‘n ellelange konvooi gery vanaf die stasie na die vliegveld waar hulle die nostalgie van ou voertuie, vliegtuie en motorfietse verder kon beleef.

Gumboot dansers het vir vermaak gesorg.

By die vliegveld het verskeie stalletjies, ou vliegtuie, vertonings en selfs ‘n rit in ‘n helikopter verder vir ’n onvergeetlike dag gesorg.

Christopher du Plessis, Juwairiyah Ebrahim en Christo du Plessis het die dag geniet.

Die plan was om vliegtuie te sien wat toertjies in die lug uitvoer, maar weens die sterk wind wat gewoed het, is dit afgelas.

Die Rovos Rail Stoomtrein op pad die Heidelberg Stasie toe.
Taco Kamstra het ritte in sy unieke voertuig aan die besoekers verskaf.
Lydia van Staden was uitgevat vir die geleentheid.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version