Local newsSport

Berge se afrigter lê die tuig neer

Van Rensburg sal in die nuwe rugbyseisoen dien as die voorsitter van die klub.

Heidelberg Rugbyklub se hoofafrigter, Jaco van Rensburg het die tuig as afrigter van die Berge rugbyspan neergelê.

Van Rensburg het vir sewe jaar as afrigter by Heidelberg klub diens gedoen.

Daar was verskeie hoogte- en laagtepunte in sy loopbaan as afrigter.

Die hoogtepunte sluit twee Kestrel Liga bekers in en ook die klub se skuif van Kestrel Liga status na Merlin Liga status.

Van die laagtepunte was die twee jaar waar rugby op niemand se spyskaart was nie, weens die Covid pandemie.
Van Rensburg gee die leisels oor aan Mario Jordaan wat in 2025 sy staal gaan wys.

Jordaan was tot hede die hulpafrigter by die klub.

Van Rensburg sal egter in die nuwe rugbyseisoen nog steeds deel van die klub wees waar hy die voorsitter se skoene gaan volstaan.

“Ek is ‘n Berge ondersteuner van kop tot tone en dit was ‘n groot eer om die afrigter van die span te wees,” het van Rensburg gesê.

“Ons almal het baie van mekaar geleer en ek sal dit altyd na aan my hart dra. Ek wens Mario alle voorspoed in sy nuwe pos,” het hy bygevoeg.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button