Wat gebeur in Heidelberg en Nigel

What is happening in Heidelberg and Nigel

HEIDELBERG

12 Oktober

Die Rooihaan Kafee Suikerbos Aftreeoord hou op 12 Oktober vanaf 10:00 tot 14:00 ‘n Country musiek vertoning met Ewoud Ayers en Bernadine Theron. Speletjies vir die kinders en lyndans is van die aktiwiteite vir die oggend. Kontak Susan Lockem 076 985 0814 vir meer inligting en koste.

1 tot 2 November

Heidelberg Hoop saam met die span van Kwêla reël die groot makietie om die titel as Dorp van die jaar te vier. Meer besonbderhede sal volg. Hou intussen die datum oop. Vir meer inligitng kan Nicolene Neveling by 072 840 0205 gekontak word.

Weekliks

• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaak groepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.

• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebookblad.

• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke eerste Vrydag van die maand ‘n pannekoek fondsinsameling. Indien enige persone wil help kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.

• Die Suikerbos Aftreeoord oefen elke Dinsdag middag om 14:00 sang in die saal. Almal wat hou van sing word genooi om te kom saam sing en vir die lente optrede te oefen. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.

• Die Suikerbos Aftreeoord kliniek bied elke Woensdag vanaf 11:00 tot 13:00 verskeie noodsaaklike dienste aan die gemeenskap. Die kliniek is by Freemanstraat 2. Kontak die kliniek by 016 349 5180 vir besprekings asook koste navrae.

NIGEL

3 November

Die Afrikaanse Christengemeenskap wat al die skole, kerke en kerkgroepe, huiskerke, ekklesias en die die drie Afrikaanse skole insluit hou soos verlede jaar om 9:00 ‘n verootmoedigingsdiens by die kerkgebou van die Aquilla AGS kerk in Visagiepark. Almal is welkom.

16 November

The Nigel Community Church is having their fundraiser Golf Day at Heidelberg Golf Club from 8:00. R2 000 per 4 ball; R2 500 per 4 ball and hole sponsor. Contact Quintin at 082 993 5315 or JP at 072 279 1957 or Nigelcommunitychurch@gmail.com

Sponsors Welcome! Elevate your brand and support a worthy cause.

29 November

The Nigel Community Church is having their night market at John Vorster School Sport Grounds from 16:00. A 3,2km neon glow fun run starts at 18h30. Early bird registration is adult R40; children R25; pets R15. Registration on 29 November: adult R50; children R30; pets R20. Pet proceeds will go to the Nigel SPCA. Free entrance. Inside parking available at R10 per vehicle.

Contact the church office at 066 569 8345. For stall bookings contact Earth Owl on 060 482 1280 or 063 062 1091.

5 tot 7 Desember

NG Kerk Nigel-Oos hou ‘n Kersmark en is op soek na uitstallers. Om jou stalletjie betyds te bespreek, kontak Maryke Jonker by 061 507 5071.

Weekliks

• Nigel Clean-Up het verskeie skoonmaak projekte deur die week en oor naweke om te sorg dat die dorp skoon en netjies bly. Om betrokke te raak kontak Ilze Willemse by 079 850 4791

• Springs/Nigel Wessa branch and Friends of Marievale Nature Reserve are meeting every second Saturday of the month at 9:00 at the Conference centre at Marievale Nature Reserve. Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333.

Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za of WhatsApp na 066 214 1913.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version