Local news
Vissie leerders toon hul vernuf
Die leerders se harde werk en toewyding het vrugte afgewerp.
Leerders van die Laerskool AG Visser het onlangs aan die Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) Olimpiade deelgeneem.
Nicole Kok en Mieka Rabie het albei onder die top 10 in die distrik geëindig.
Drie leerders van die skool het met hul deelname aan die Eisteddfod ook uitmuntend gevaar.
Mieka Rabie is drie keer as algehele wenner aangewys en sewe keer as afdelingswenner.
Mieke Coetzee-Olivier was twee keer algehele wenner en ook twee keer afdelingswenner.
Marnitz Rabie, Ivané Meyer en Wessel Oosthuizen is elk as afdelingswenner in een afdeling afsonderlik aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



