Local news

Nuwe bestuur gekies vir SAVF Nigel

Die tak verwelkom enige hulp in die vorm van donasies of klere vir die taak wat hul het om die behoeftiges te help.

Die Suid Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) se Nigel tak het op 12 September hul algemene jaarvergadering by die NG Moedergemeente in Nigel gehou en die nuwe bestuur gekies wat die leisels sal oorvat.

Voorsitter Chris Engelbrecht het ‘n kort oorsig gegee van gebeure die afgelope jaar. Tien vergaderings was gehou waartydens maandelikse aktiwiteite bespreek is waaronder bestuur en verkoop van klere uit die klerekamer, keuring van nuwe aansoekers en bestel en verpakking van kruideniersware vir kliënte.

Daar is gedurende die loop van die jaar voedselpakkies aan gemiddeld 13 huisgesinne en 11 enkelpersone verskaf.

Enkelpersone is meestal bejaarde mans of vroue wat ontvangers is van ‘n Sassa pensioen, waaruit huisvesting en krag betaal moet word en dan te min fondse oor het vir voedsel.

Huisgesinne wat gehelp word is saamgestel uit een ouer met twee tot vier kinders waar die ouer dikwels werkloos is of ongeskiktheidspensioen ontvang.

Engelbrecht het sy kommer uitgespreek oor die groot donateur wat die tak verlede jaar verloor het maar bygevoeg dat die tak tot dusvêr steeds in staat is om aan hul kliënte se behoeftes te voorsien.

Persone wat betrokke wil raak, skenkings wil maak of meer inligting benodig kan vir Chris Engelbrecht by 082 561 9081 of Ina Els by 072 240 0078 kontak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button