Erfenis viering bring gemeenskap byeen

Besoekers kon deelneem aan vekskeie aktiwitiete soos kruiwa resies en sakresies.

SAWV, Eenheid Vlakvark het op 24 September hul jaarlikse Operasie Jagarend op die terrein van die Hoërskool John Vorster aangebied.

Dié genotvolle dag, wat as erfenis viering gedien het se doel was om die gemeenskap byeen te bring.

RSM Johann du Preez sny die lint met die begin van die 2.4km wedloop.

Die spesiale dag is veral opgedra aan die ouer lede van die gemeenskap, wat met boeresport en samekomste grootgeword het en dit wil oordra aan die jeug van vandag om dié erfenis te laat voortleef
Die verrigtinge is deur SAWV, Eenheid Vlakvark voorsitter Karel Groesbeek geopen.

Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging, RSM Johann du Preez en SAWV, Eenheid Vlakvark voorsitter Karel Groesbeek.

“Ons wil die erfenis bewaar vir toekomstige geslagte asook dié wat in die verlede aan ons erfenis gewerk het,” het Groesbeek gesê.

“Ons wil die toekoms iets van die verlede gee om aan vas te hou om te onthou wat ons in die verlede gedoen het nie vergeefs was nie,” het hy bygevoeg.

Kettieskiet was een van die hoogtepunte.

Die nasionale voorsitter van die Suid-Afrikaanse Weermag Veterane Vereniging, RSM Johann du Preez het die fees formeel ge-open.

Besoekers kon onder andere deelneem aan ‘n prettige 2.4km wedloop, kettieskiet, granaat gooi (bottelgooi) asook kruiwa- en sakresies.

Van die besoekers by die Alouette helikopter wat op die veld geland het.

Daar was verder ook ‘n verbyvlug van twee weermag vliegtuie gewees, tesame met ‘n Alouette helikopter wat ‘n draai oor die velde gemaak het.

SAWV, Eenheid Vlakvark se voorsitter Karel Groesbeek het die Erfenis Dag verrigtinge geopen.
Kruiwaresies was ook op die spyskaart.
Van die besoekers by die Alouette helikopter wat op die veld geland het.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version