Erfenis viering bring gemeenskap byeen
Besoekers kon deelneem aan vekskeie aktiwitiete soos kruiwa resies en sakresies.
SAWV, Eenheid Vlakvark het op 24 September hul jaarlikse Operasie Jagarend op die terrein van die Hoërskool John Vorster aangebied.
Dié genotvolle dag, wat as erfenis viering gedien het se doel was om die gemeenskap byeen te bring.
Die spesiale dag is veral opgedra aan die ouer lede van die gemeenskap, wat met boeresport en samekomste grootgeword het en dit wil oordra aan die jeug van vandag om dié erfenis te laat voortleef
Die verrigtinge is deur SAWV, Eenheid Vlakvark voorsitter Karel Groesbeek geopen.
“Ons wil die erfenis bewaar vir toekomstige geslagte asook dié wat in die verlede aan ons erfenis gewerk het,” het Groesbeek gesê.
“Ons wil die toekoms iets van die verlede gee om aan vas te hou om te onthou wat ons in die verlede gedoen het nie vergeefs was nie,” het hy bygevoeg.
Die nasionale voorsitter van die Suid-Afrikaanse Weermag Veterane Vereniging, RSM Johann du Preez het die fees formeel ge-open.
Besoekers kon onder andere deelneem aan ‘n prettige 2.4km wedloop, kettieskiet, granaat gooi (bottelgooi) asook kruiwa- en sakresies.
Daar was verder ook ‘n verbyvlug van twee weermag vliegtuie gewees, tesame met ‘n Alouette helikopter wat ‘n draai oor die velde gemaak het.