Local news

Eerste straatstort in Heidelberg bring hoop vir hawelose mense

Verskeie besighede het ook hand bygesit om te verseker dat die projek goed afloop.

Heidelberg se eerste Straatstort (Street Shower) vir behoeftige en hawelose mense het op 21 September plaasgevind.

Die betrokke organisasie, Basileia Patria is ‘n geregistreerde nie-winsgewende maatskappy van Centurion wat hulself beywer vir die opheffing van behoeftiges en waar inwoners antwoord deur aktief betrokke te raak in aktiwiteite wat vir hierdie mense hoop gee.

Die straatstort was die 39ste van sy soort, wat sedert 2021 in verskeie dorpe aangebied is.

Heidelberg se straatstort het op AGS Kairos se terrein plaasgevind.

Die sameroeper en plaaslike organiseerder van Heidelberg se straatstort, Yolandi Daschner het meer uitgebrei oor die projek.

Yolandi Daschner was die plaaslike organiseerder.

“Ons wou graag hê dat die mense wat gehelp is, weer normaal sal voel, al is dit net vir een dag,” het Daschner gesê.

“Elkeen moet weet dat hulle ‘n deel van die gemeenskap is en dat hulle wel iets beteken,” het sy bygevoeg.

Daar was 100 uitnodigings uitgestuur aan hawelose en behoeftige mense in die gemeenskap.

‘n Vrywilliger sny een van die behoeftiges se hare.

Verskeie besighede het ook hand bygesit om te verseker dat die projek goed afloop.

Soos die uitgenooide gaste op die dag gearriveer het, is hulle hare, naels en voete, versorg. Die mense kon ook stort en het ‘n nuwe stel klere ontvang.

Daar word ook CV’s opgestel vir diegene wat uitkyk vir werk en almal het iets te eet en te drink ontvang.

Die haweloses is opgehef deur middel van berading..
Die straatstorte maak dit vir mense moontlik om ‘n stort te geniet.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button