Rolbal besigheidsliga skop binnekort weer af by Heidelberg Rolbalklub

Oktober is die begin van die Lente Rolbal Besigheidsliga.

Die Lente Besigheidsliga van die Heidelberg Rolbalklub skop binnekort af.

Die liga word twee keer per jaar gespeel en vanjaar se herfs wenners was JR Lubricants.

Die lente weergawe van die besigheidsliga, wat jaarliks ’n hoogtepunt op Heidelberg se rolbal kalender is, skop op 10 Oktober by die Heidelberg Rolbalklub af.

Behalwe dat spanne sal meeding om die gesogte wenners trofee en titel is die “toucher” sowel as geesbeker ook op die spel.

Wedstryde sal, na die aanvang van die kompetisie, op die daaropvolgende Donderdae plaasvind indien die weer dit toelaat.

Die finale sal op 24 Oktober gespeel word.

Tesame met die feit dat oud en jonk die spel kan speel, skep dit die ideale spanbou geleentheid vir besighede.
Die wedstryde word op ’n rondomtalie-basis gespeel.

Elke kop of spel het ’n tydfaktor waar die kop binne 40 minute voltooi moet word.

Om meer uit te vind oor die liga of om by die klub aan te sluit, skakel vir Herman van der Merwe by 082 457-4525 of herman@grokon.co.za of Werner Schipper by 082 563-5134 of wschipper@gmail.com

Die Besigheidsliga skep die perfekte geleentheid vir besighede vir spanbou.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version