Uitsonderlike prestasies vir Hoër Volkskool leerders

Volkie leerders sorg vir hoogterpunte buitemuurs.

Leerders van die Hoër Volkskool het hulself goed van hul taak gekwyt met verskeie buitemuurse aktiwiteite.

Boogskiet:

Wian Taljaard het aan verskeie interskole en provinsiale kompetisies gedurende die jaar deelgeneem.

Wian Taljaard.

Met Wian se vaardighede met die boog is hy gekies vir die interprovinsiale kampioenskappe en gaan Ekurhuleni by die kampioenskappe verteenwoordig wat op 25 September in Kimberley plaasvind.

Netbal:

Twee Volkskool Fast 5 netbalspanne, die o15 Divas en o17 Terrors eindig die Fast5 liga onoorwonne en is as ligawenners aangekondig.

Volkskool se o17 Terrors Fast5 span.

Beide spanne het op 14 September aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem.

Volkskool se o17 Terrors-span eindig algeheel sesde.

Eisteddfod:

Lizé Vermeulen het in die model afdeling by die Del Arte Eisteddfod deelgeneem en uitmuntend gevaar.

Lizé Vermeulen.

Lizé het agt A++ simbole verdien. Sy is ook in ses afdelings as afdelingswenner aangewys en ontvang ‘n trofee vir beste hoërskool model.

Hokkie:

Volkskool se eerste binnemuurse hokkiespan het aan Hoërskool Hartebeespoort se “Harties 5’s” toernooi deelgeneem. Die span het die o19-dogtersafdeling gewen.

Volkskool se o15 Diva Fast5 span.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version