Local news

Inwoner van die week: Alles gaan oor liefde sê Nolan Williams

Nolan pak alles aan met oorgawe en is 'n rolmodel vir almal wat hom ken.

Inwoner van die week, Nolan Williams sê alles gaan oor liefde.

“Nolan is een van die mees vasberade mense wat ek ken,” het Jaco Kritzinger, bestuurder by Lesedi Care Centre (LCC) getuig.

Nolan was self een van die mense wat by LCC moes aanklop vir hulp nadat hy met verslawing gesukkel het. Sy vasberadenheid om sy lewe om te draai het gesorg dat hy aangestel is by LCC as operasionele bestuurder vir die bakkery en die toiletpapier fabriek.

Mense kyk op na hom en hy staan nooit terug om te beraad of te inspireer nie.

Hy en ‘n span van LCC werk saam met Heidelberg Hope aan die opknappingswerk by die Unievelde, maar as daar op sy knoppie gedruk word om te help met ander projekte, is Nolan daar, gereed om enige taak aan te vat met oorgawe.

Nolan sê vir hom gaan dit alles oor liefde. Liefde vir die mense, die dorp en die gemeenskap.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button