Dié Volkies woeker ook buite die klaskamer

Volkie leerders lewer goeie vertonings.

Hoër Volkskool se leerders het hul klas in die verskeie buitemuurse aktiwiteite en sport byeenkomste gewys.

Krieket

Die skool se eerste krieketspan het amok gemaak in ‘n wedstryd teen Vereeniging Gimnasium.

Die beste kolwers was Matthew Wentzel met 51 lopies, Biehan Wepener 103 lopies en Dave Pelzer met 53 lopies.
Volkskool se eerstes het ook teen Krugersdorp High School te staan gekom waar Volkskool met 8 paaltjies gewen het. Die beste kolwer was Deandre Louw 53 (nie uit nie).

Die o15-span het teen Hoërskool Die Anker gespeel. Volkskool het 192 lopies aangeteken en Die Anker was almal uit vir 53. Volkskool wen dus met met 149 lopies. Die beste spelers op die dag was Kehan Baird met 80 lopies (nie uit nie) en Rico Swart met drie paaltjies vir 15 lopies in vier beurte.

Teen Krugersdorp High School het Volkskool se o15 span 153/5 aangeteken en Krugersdorp High School het geantwoord met 125/5. Volkskool wen dus met 28 lopies. Kolwer Tristan Neveling het in die wedstryd 58 lopies aangeteken.

Die krieketspeler Quentin Dietrechsen is gekies vir die Sedibeng o16-krieketspan.

Binnenshuise hokkie

Volkskool se dogters het onlangs aan die binnenshuise hokkie kampioenskappe deelgeneem.

Die uitslae was soos volg: o14: Volkskool 2 – Edenvale 5; o16: Volkskool 3 – Bstix 4; Tweedes: Volkskool 4- Boksburg High 0; Tweedes: Volkskool 1 – Bstix 1; Eerstes: Volkskool 3 – St Domenics 6

Netbal

In die Fast 5 toernooi het Volkskool menige doele aangeteken.

o17: Volkie Terrors 46 – Overvaal 10, o17: Volkie Terrors 37 – Driehoek 10.

o15: Volkie Hot Shots 12 – Transvalia 19, o15: Volkie Hot Shots 17 – Overvaal 16, o15: Volkie Hot Shots 18 – Gimmies Jnr 14.

o15: Volkie Divas 26 – Dr Malan 18, Volkie Divas 18 – Transvalia 12.

Tennis

Nathan Wiggill en Morgan Bothma is gekies vir die Oos-Gauteng o14-span.

Brian Wiggill en Huib Sprong is op hulle beurt gekies vir die o19-span.

Rugby

Volkskool se o17 en o15 7’s spanne het aan die Valke se 7’s toernooi by Hoërskool Brandwag deelgeneem.

Die o17-span het die plaat finaal gewen en vyfde uit 12 spanne geëindig. In die plaat finaal het hulle teen Hugenote gespeel.

Die o15-span het op hulle beurt in die plaat finaal verloor teen Brandwag. Die o15 span het sesde ge-eindig.
Dans

Alisha Van der Walt het aan die Con Spirito Kunstefees deelgeneem en deurgedring tot die Nasionale Forte ronde vir Dans en Latynse Dans (Gr 10). Alisha is ook aangewys as ‘n itemwenner.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version