Local news

Wat gebeur in Heidelberg en Nigel

What is happening in Heidelberg and Nigel

HEIDELBERG

28 September

Suikerbos Aftreeoord bied ‘n aand van kuier, dans en musiek aan saam met die Suikerbosorkes en platejoggie Rudie Kraft om 18:00 by Freemanstraat 2 ten bate van die Silwerakker. Toegang is R50 per persoon. Bring eie piekniek mandjie en iets te drinke. Bespreek teen 24 September by kantoor 016 349 5180.

1 tot 2 November

Heidelberg Hoop saam met die span van Kwêla reël die groot makietie om die titel as Dorp van die jaar te vier. Meer besonderhede sal volg. Hou intussen die datum oop. Vir meer inligting kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.

12 Oktober

Die Rooihaan Kafee Suikerbos Aftreeoord hou op 12 Oktober vanaf 10h00 tot 14h00 ‘n Country musiek vertoning met Ewoud Ayers en Bernadine Theron as kunstenaars. Speletjies vir die kinders en lyndans is van die aktiwiteite vir die oggend. Kontak Susan Lockem 076 985 0814 vir meer inligting en koste.

Weekliks:

• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaak groepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.

• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting besoek die Silveroaks parkrun Facebook blad.

• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke eerste Vrydag van die maand ‘n pannekoek fondsinsameling. Indien enige persone wil help kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.

• Die Suikerbos Aftreeoord oefen elke Dinsdag middag om 14:00 sang in die saal. Almal wat hou van sing word genooi om te kom saam sing en vir die lente optrede te oefen. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.

• Die Suikerbos Aftreeoord kliniek bied elke Woensdag vanaf 11:00 tot 13:00 verskeie noodsaaklike dienste aan die gemeenskap. Die kliniek is by Freemanstraat 2. Kontak die kliniek by 016 349 5180 vir besprekings asook koste navrae.

NIGEL

28 September

Earth Owl gaan by Jerico plakkerskamp kuier vir die dag en benodig hulp in die vorm van klere, komberse of speelgoed. Daar woon tans 30 mans, 27 vroue en 8 kinders. Vir meer inligting, kontak Roche Pepler 060 482 1280.

5 tot 7 Desember

NG Kerk Nigel Oos gemeente hou ‘n Kersmark en is opsoek na uitstallers. Om jou stalletjie betyds te bespreek, kontak Maryke Jonker by 061 507 5071.

Weekliks:

• Nigel Clean-Up het verskeie skoonmaak projekte deur die week en oor naweke om te sorg dat die dorp skoon en netjies bly. Om betrokke te raak kontak Ilze Willemse by 079 850 4791

• Springs/Nigel Wessa branch and Friends of Marievale Nature Reserve are meeting every second Saturday of the month at 9:00 at the conference centre at Marievale Nature Reserve. Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333.

Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za of WhatsApp na 066 214 1913.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button