Local news

Stap, pret en vermaak ten bate van Bybelverspreiding

Die agtste Stap vir Bybels was 'n dag gevul met vreudge en het getuig van die gemeenskap se doel om Bybelverspreiding te bevorder.

Dapper stappers het op 14 September by die AP Kerk bymekaargekom om ten bate van Bybelverspreiding te stap.

Dit was die agtste Stap vir Bybels wat deur die kerk en bekwame organiseerders gereël is. Die Stap vir Bybels is ‘n jaarlikse byeenkoms waar oud en jonk en selfs hondekinders ‘n 5km of 1km staproete doen.

Karel Smit en sy hondekind Zola. Karel vertel dat Zola hom soms vir ‘n stap vat en dat hulle elke jaar deelneem aan die Stap vir Bybels.

“Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar,” het Elsa Greyling van die organiseer span vertel.

Na die stap was daar deur stalletjies gesnuffel wat heerlike eetgoed, tuisgemaakte souse, juwele en ander produkte te koop gehad het.

San Van Wyk, Louise Naudé en Mariaan Botha het ‘n prys gewen vir hul gees tydens die Stap vir Bybels. Die dapper stappers is gewoond aan stap en stap elke Saterdag verskeie staproetes.

Die dag het gesorg vir vermaak en pryse vir beste gees, beste stalletjies en gelukkige trekkings.

“Ons het ‘n pragtige oggend gehad en het R9 550 ingesamel vir Bybelverspreiding en dit met net 124 stappers,” het Elsa genoem.

“Elke bydrae, groot of klein, het ‘n verskil gemaak en ons is diep dankbaar vir elkeen se ondersteuning,” het Elsa namens die AP Kerk en organiseerders gesê.

Deel van die organisasie span van die AP Kerk in Nigel wat die Stap vir Bybels elke jaar reël.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button