Local news

Gestorwe kamerade tydens kranslegging onthou

Wit duiwe, wat vrede simboliseer is ook tydens die geleentheid losgelaat.

Sektor 1.4 Wilger het op 15 September hul jaarlikse Operasie White Dove in Vereeniging aangebied.

SAWV, Eenheid Suikerbos vorm deel van Sektor 1.4 Wilger se eenhede.

Die byeenkoms en parade was deel van die kranslegging vir gestorwe soldate of uniformdraende lede van Suid-Afrika wat met hul lewens geboet het vir die land.

‘n Verby vlug van een van die SAWV se Alouette helikopters was een van die hoogtepunte.

Die verwelkoming was gedoen deur SAWV, Sektor 1.4 Wilger se voorsitter, Mario Smith.

Smith het in sy verwelkoming benadruk dat die jaarlikse parade van uiterste belang is en dat die gestorwe kamerade sal onthou word vir die opofferings wat hulle vir Suid-Afrika gemaak het.

Daar is wit duiwe ook vrygelaat, wat vrede en voorspoed vir Suid-Afrika uitgebeeld het.

Verskeie sprekers het items gelewer het wat stories, gedigte en nagedagtenis van die kamerade ingesluit het en tydens die kranslegging is Proteas neergelê vir die kamerade wat gesterf het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button