Deelnemers aan sonkrag wedren maak ‘n draai in Heidelberg

Talle inwoners het van die geleentheid gebruik te maak om die sonkrag aangedrewe voertuie van nader te bekyk.

Die Sasol Solar Challenge, waar voertuie, wat net met die son aangedrewe is, en inskrywings van regoor die wêreld lok, het op 12 September by die Graceland Casino in Secunda weggespring maar ook ‘n draai in Heidelberg gemaak.

Nou in sy 16de jaar neem spanne, twee jaarliks, die uitdaging aan om motors met sonkrag te ontwikkel, te bou en te bestuur, met die uiteindelike doel om die langste afstand af te lê sonder om ‘n druppel brandstof te gebruik.

Die 2022 wenners was die Delft Universiteit span van Nederland.

Dertien spanne het vir vanjaar se wedloop ingeskryf.

Die spanne en hulle ingenieurs moes elkeen hulle eie voertuie ontwerp. Mededingende sonkragmotors moet liggewig, aërodinamies, doeltreffend en veilig wees.

Elke span beskik oor hulle eie motorwerktuigkundiges en ingenieurs en elke voertuig se ontwerp is uniek aan elke span.

Die wedren eindig in Kaapstad op 20 September.

Die spanne het op 13 September by die Die Hoër Volkskool, Heidelberg aangedoen waar die bestuurders en spanne die voertuie reggekry het vir die volgende skof.

Daarna het die spanne by verskeie ander plekke wat Sasolburg, Rustenburg, Zeerust, Vryburg, Kuruman, Upington, Kakemas, Pofadder, Springbok, Vredendal, Lutzville, Riebeek Kasteel, Franschoek en uiteindelik Kaapstad aangedoen.

“Ons is al oor die 10 jaar betrokke by die Solar Challenge en ons besoek gemeenskappe sodat almal kan sien dat dit gedoen kan word deur Jan Alleman” het Floris Nieuhaus van die MicroBotics span gesê.

Exit mobile version