Heidelberg se fikses toon uithouvermoë

Altesaam 340 spanne, bestaande uit bestaan uit 1020 atlete het aan die kompetisie deelgeneem.

Heidelberg se fikses het onlangs hul uithouvermoë tydens The Battle fiksheid kompetisie op die proef gestel.

The Battle is die grootste CrossFit kompetisie in Suid-Afrika wat op 7 en 8 September plaasgevind het.

Altesaam 340 spanne, bestaande uit 1 020 atlete het aan die kompetisie deelgeneem.

Fit Strong Bodies van Heidelberg is ‘n funksionele fiksheidsfasiliteit wat fokus op alledaagse fiksheid en krag en het 11 spanne ingeskryf oor ses verskillende afdelings.

Een van hul spanne het hul afdeling gewen, ‘n ander een was derde en ander spanne was in die top 10.

“Al die atlete het baie hard geoefen vir die kompetisie en ons is trots op elkeen. Dit het harde werk en deursettingsvermoë gevat,” het Alida Smit, eienaar van FSB vertel.

“By FSB is ons ‘n gemeenskap waar ons mekaar ondersteun, leer en optel.

“‘n Gemeenskap waar die een wat laaste klaar maak die hardste lof kry.

“By Fit Strong Bodies akkommodeer ons enige een van die beginner tot die top fiks en sterk atleet. Elkeen kan oefen soos sy liggaam dit toelaat,” het sy bygevoeg.

Die uitslae vir FSB tydens The Battle kompetisie het so gelyk:

Mans – grondslag uit 24 spanne:

Brian Nienaber, Jaun Venter en Nicki Vallentgoed – 8ste

Michael Maritz, Charles Lee en Charl du Plessis – 7de

Mans – geskaal uit 80 spanne:

Stiaan van der Hyde, Wian Britz en Dewan Smit- 1ste

Christo Joubert, Nico de Klerk en Ruan Murray – 15de

Dames grondslag uit 57 spanne:

Jakkie Jordaan, Amanda du Toit en Jocinda Hattingh – 33ste

Amine Bronn, Jomariet Jonker en Lelanie de Wet – 12de

Dames geskaal uit 66 spanne:

Riana van Heerden, Hanri van den Bergh en Alida Smit – 12de

Elzette Britz, Celia Smit en Melissa Doubell – 25ste

Meesters 35+ uit 8 spanne:

Juleen de Klerk, Wilmarie Diedericks en Jeandri Lighthelm – 3de

Dames funksionele fiksheid uit 17 spanne:

Maryke Serfontein, Truida Breytenbach en Lizemari Oosthuizen- 10de

Yolande van Rooyen, Eureka Taylor en Leandri van der Westhuizen – 14de

“Ons is uiters trots op ons spanne wat uitstekend gevaar het,” het Alida gesê.

Exit mobile version