Inwoners van Overkruin, Heidelberg het op 7 September ‘n gholfdag by die Heidelberg Golf Klub aangebied.
Fondse wat met die gholfdag ingesamel is sal aangewend word om die ingang na Overkruin op te knap asook om ‘n dak by die ingang aan te bring.
Die gholfdag is goed ondersteun en spelers, selfs dié wat nie so vertroud is met die spel nie, het hulself geniet.
“Ons wil die finansies bymekaarmaak om te verseker dat die ingang by Overkruin aantreklik lyk en dat daar beskutting is vir die werkers is wat wag om opgelaai te word by die ingang” het sê Johann Hattingh, ‘n Overkruin bestuurslid gesê.
“Ons wil almal bedank vir die ondersteuning en waardeer elke borg en speler wat die dag saam met ons deurgebring het,” het Hattingh bygevoeg.