Local newsSport

Inwoners ondersteun gholfdag

Fondse sal ingespan word vir opknappingswerk by die ingang van Overkruin.

Inwoners van Overkruin, Heidelberg het op 7 September ‘n gholfdag by die Heidelberg Golf Klub aangebied.

Fondse wat met die gholfdag ingesamel is sal aangewend word om die ingang na Overkruin op te knap asook om ‘n dak by die ingang aan te bring.

Wian Spangenberg is besig met ‘n sethou.

Die gholfdag is goed ondersteun en spelers, selfs dié wat nie so vertroud is met die spel nie, het hulself geniet.

“Ons wil die finansies bymekaarmaak om te verseker dat die ingang by Overkruin aantreklik lyk en dat daar beskutting is vir die werkers is wat wag om opgelaai te word by die ingang” het sê Johann Hattingh, ‘n Overkruin bestuurslid gesê.

Thys Greyvenstein en Phillip Kruger.

“Ons wil almal bedank vir die ondersteuning en waardeer elke borg en speler wat die dag saam met ons deurgebring het,” het Hattingh bygevoeg.

Gerhard Breedt, Phillip Muller, Leaney Bruwer, Lechant Botha. Lea Lombard en Melissa van Niekerk van Brutus Air. Hulle het ‘n R100 000 geborg vir ‘n kolhou.

Related Articles

Back to top button