Leerders asook die personeel van die Gekombineerde Skool, Balfour het hul skool se naam die afgelope tyd in verskeie sportsoorte hoog gehou.
Golf:
Dirco Jansen van Nieuwenhuizen het op 7 September aan die Johannes Geldenhuis Junior Geslote Kampioenskappe deelgeneem in die ouderdomsgroep vir ses- tot negejariges.
Dirco het as kampioen by die toernooi weggestap.
Karate:
Verskeie leerders van die skool het aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Karate Kampioenskappe deelgeneem.
Die uitslae was: Jeanette du Plooy – kata (derde plek); Theanette du Plooy – kata (derde plek); Diandri Pretorius – kata en kumite (tweede plekke); Ian Pretorius – kata en kumite (tweede plek); Kytlin Meintjies – kata (derde plek) en kumite (eerste plek); Eltione Meintjies kumite – (derde plek), en Aiden van der Merwe – kata en kumite (tweede plek).