Local newsSport

Gekombineerde Skool, Balfour se leerders en onderwysers presteer

Dit het goed gegaan op die gholfbaan asook die karate mat.

Leerders asook die personeel van die Gekombineerde Skool, Balfour het hul skool se naam die afgelope tyd in verskeie sportsoorte hoog gehou.

Golf:

Dirco Jansen van Nieuwenhuizen het op 7 September aan die Johannes Geldenhuis Junior Geslote Kampioenskappe deelgeneem in die ouderdomsgroep vir ses- tot negejariges.

Dirco Jansen van Nieuwenhuizen.

Dirco het as kampioen by die toernooi weggestap.

Karate:

Verskeie leerders van die skool het aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Karate Kampioenskappe deelgeneem.

Die uitslae was: Jeanette du Plooy – kata (derde plek); Theanette du Plooy – kata (derde plek); Diandri Pretorius – kata en kumite (tweede plekke); Ian Pretorius – kata en kumite (tweede plek); Kytlin Meintjies – kata (derde plek) en kumite (eerste plek); Eltione Meintjies kumite – (derde plek), en Aiden van der Merwe – kata en kumite (tweede plek).

Kytlin Meintjies.
Eltione Meintjies.
Ian Pretorius.
Aiden van der Merwe.
Theanette du Plooy.
Jeanette du Plooy.

Related Articles

Back to top button