Berge sluit die seisoen af

Dit is die eerste keer is baie jare wat Heidelberg ‘n tweede span saamgestel het.

Heidelberg Rugby Klub se tweede span het op 7 September in die Valke Merlin Liga se halfeindstryd teen Benoni Northerns te staan gekom.

Heidelberg het moedig probeer maar was nie opgewasse teen Benoni nie.

Die eindtelling was Benoni Northerns 83 – Heidelberg 0.

Heidelberg se tweede span draf op die veld vir hulle wedstryd teen Benoni Northerns.

Dit is die eerste keer is baie jare wat Heidelberg ‘n tweede span saamgestel het en die span se vertoning was deurgaans beter as wat verwag is.

Dit was vanjaar ook die eerste keer dat Heidelberg se eerste en tweede spanne in die Merlin Liga speel.

Die eerste span het vyfde in die liga klaargemaak en die tweede span het in die vierde plek geëindig.

Exit mobile version