Prontuit: Pieter se hart le by bejaardesorg

“Ek het alles wat ek weet van kook, en ook die liefde vir die plig om te versorg by haar geleer,” het Pieter vertel en genoem dat sy ouma dalk die rede is hoekom hy vandag by die Silwer Akker werk.

HERAUT leer ons mense ken en het hierdie week uitgevind wie Pieter Fourie is.

Pieter (41) woon in Heidelberg sedert 1990. Hy is vir die afgelope nege jaar in ‘n verhouding en baie familie georiënteerd. Pieter het in 2007 by geakkrediteerde instansies soos Camelot, CIDESCO, CIBTAC, en SAAHSP sy diploma in gesondheid en velkunde verwerf.

Hy is ook lid van SAAHSP (South African Association of Health and Skin Professionals).

Hy het ‘n hart vir bejaardes sorg en werk tans by die Suikerbos Aftreeoord se Silwer Akker eenheid waar hy masserings doen; veral vir pyn verligting.

“Ek kan verskeie masserings doen, maar vandat ek by die oord is moes ek my tegnieke geweldig aanpas. Hier loop mense met vreeslike pyn rond,” het hy vertel en bygevoeg dat hy met nuwe oë na sy kliënte begin kyk het want elkeen moet op ‘n ander manier benader word.

“Ek is baie gelukkig dat die mense hier soveel geduld met my het, en dit is ook iets wat ek moes begin aanleer,” het hy vertel.

Pieter het vir jare in die spa industrie gewerk maar voel sy talente lê meer in pynverligting.

Pieter se ouma het hom, sy broer, suster, neef en niggie grootgemaak. Sy ouma het polio as kind opgedoen wat haar beweging belemmer het, maar sy het nooit dat dit haar onderkry nie en het gesorg dat sy met haar silwer Cressida, hulle elkeen op tyd by die skool kry.

Hy onthou ook hoe sy ouma hul klomp kinders se middag- en aandetes gemaak het en elkeen se verjaarsdae so spesiaal as moontlik gemaak het.

“Ek het alles wat ek weet van kook, en ook die liefde vir die plig om te versorg by haar geleer,” het Pieter vertel en genoem dat sy ouma dalk die rede is hoekom hy vandag by die Silwer Akker werk.

Die lekkerste ding van my werk is om totsiens te sê vir kliënte wanneer hulle sterk genoeg is om weer self aan te gaan met hulle roetines.

“Om deel te wees van ‘n span wat bejaardes se pyn verlig, al is dit net tydelik maak dit die moeite werd.

Die personeel van Silwer Akker is fenominaal en hulle gee baie om. Ek werk goed saam met hulle,” het hy vertel.

Pieter se wens is om ‘n verbinding met die familie en vriende van die inwoners, met wie hy werk, te maak en nooi mense van die publiek om te gaan vir ‘n masseer sessie by die oord sodat hulle self kan sien hoe om hul kan betrokke raak met hierdie lieflike mense.

Nog ‘n wens wat Pieter graag sal wou doen is om sy eie klein huisie saam met sy pa, wat ‘n bouer is, te bou en sy pa beter te leer ken.

Op die vraag wat hom die meeste inspireer om by Silwer Akker te werk het hy geantwoord dat die inwoners in Silwer Akker tot op hul laaste sal veg om te kan bly beweeg. Dit is beide hartseer en pragtig.

Sy doelwit is om ‘n verskil te maak in elkeen waarmee hy werk in sy tyd by Silwer Akker.

Pieter nooi enige een wat meer oor die industrie wil weet om hom by 067 343 3262 te kontak.

Exit mobile version