Suikerbos Jeug Rugbyklub wys hul klas

Suikerbos het ook twee spanne wat aan die Rhino Week Sewes gaan deelneem.

Die Suikerbos Jeug Rugbyklub het algeheel vierde in die Valke se Jeug Liga geëindig.

Die klub, bestaande uit spelers vanaf agt tot 17 jaar het vanjaar agt spanne ingeskryf vir die liga.

Vyf van dié spanne het na die liga reeks gekwalifiseer om in die kwarteindstryd te speel waarna die o9, o11 en o16-spanne die halfeindstryd gehaal het.

Die o9-span het deurgedring na die finaal, waar hulle as kampioene gekroon was.

Die o11-span het ‘n derde plek losgespeel en die o16’s het ‘n vierde plek behaal.

Die bestuur van die span onder leiding van die voorsitter, Kydia Smal is trots op die uitslae.

Suikerbos Jeug Rugbyklub se o9-span het die finaal gewen.

“Ons het vanjaar alle verwagtinge oortref, Die laaste trofee wat Suikerbos gewen het was nege jaar gelede,” het Smal gesê.

Na afloop van die liga is spelers gekies vir die IPT toernooi (inter-provinsiale toernooi) wat later gaan plaasvind.

Spelers van die Suikerbos Jeug Rugbyklub wat gekies is:

o13: Luhan Herman, Tristyn Jones en Kyle Berry.

o14: Henrico Parker en Keanu Oosthuizen.

o15: Dylan van der Walt en WJ Lombaard.

o16: Linden Manuel en Handré Gryffenberg.

Suikerbos het ook twee spanne wat aan die Rhino Week Sewes gaan deelneem.

Suikerbos Jeug Rugbyklub se o16-span.
Exit mobile version