Mnr en Mej Volkie 2024 gekroon

Die geleentheid is jaarliks 'n hoogtepunt op die skool se sosiale kalender.

Die Hoër Volkskool se jaarlikse Mnr en Mej Volkie, wat ’n hoogtepunt op die skool se sosiale kalender is, het op 31 Augustus plaasgevind.

Pieter Greyling en Anel Shepherd is tydens die swierige geleentheid aangewys as Mnr en Mej Volkie 2024.

Die vorige Mnr en Mej Volkie, Barend Papenfus en Katelyn van Wyk het as seremoniemeesters vir die geleentheid opgetree, wat deur talle leerders asook ouers en die gemeenskap bygewoon is.

Die tweede prins en prinses is Logan Ligthelm en Albie Botha.

Die tema was ‘Terug na die 1990s’ waar die deelnemers in 1990 modes geklee was en op die maat van die musiek hul beste voetjie voorgesit het.

Die eerste prins en prinses is Chanlé Marais en Klaas Venter.

Die gaskunstenaar vir die aand was Anzelle gewees.

Die verskeie wenners was:

Mnr Persoonlikheid: Darius Snyders en Mej Persoonlikheid: Wildine Smith.

Mnr Fotogenies: Klaas Venter en Mej Fotogenies: Logan Ligthelm.

Tweede Prins: Albie Botha en Prinses: Logan Ligthelm.

Eerste Prins: Klaas Venter en Prinses: Chanlé Marais.

Kunstenaar Anzelle het almal vermaak.

Die meisies wat deelgeneem het was Arné van Tonder, Annegreth Botha, Anne-Rete le Roux, Anel Shepherd, Alexa Rabie, Bianka Pieterse, Christina de la Mare, Chanlé Marais, Jon-Benèt Bauer, Logan Lighthelm, Leila de Beer, Luané van Staden, Lihandi Venter, Lalie van der Merwe, Moné van Rooyen, Mariné du Plessis, Nthando Dyantyi, Rika Dreyer, Renisca Oberholzer en Willdine Smith.

Anel Shepherd op die loopplank.

Die seuns wat deelgeneem het was Albie Botha, Divan Rossouw, Divan Janse van Vuuren, Div Huisamen, Darius Snyders, Giulio D’Aguanno, Henru Coetzer, Henri Cronje, Juandré Pretorius, Jano Dietrechsen, Jaco Botha, Klaas Venter, Reuben Bothma, Pieter Greyling, Tyrone Munro, Tristan Munro, Theo Greyvenstein, Vaughn Steynvaart, Willem Rossouw en Werner Grobler.

Mnr en Mej Persoonlikheid is Wildine Smith en Darius Snyders.
Exit mobile version