Nigel werk hard vir ‘n sege teen Benoni

Daar was gemengde uitslae in laaste liga wedstryde vir Nigel.

Nigel se eerste rugbyspan het in hulle laaste Valke Merlin Liga teen Benoni Northerns te staan gekom.

Beide die eerste spanne het egter klaar gekwalifiseer vir die halfeindstryd van die Merlin Liga, nog voor die wedstryde afgeskop het.

Nigel se eerstes het Benoni naelskraap 29-24 gewen.

Nigel se punte was aangeteken deur: drieë: Odwa Gcobo (3) en Lwazi Jamani (1), doelskoppe: Steven Kok (1) en Nico Colyn (2) en strafdoel: Steven Kok (1).

Nigel se tweede span het op hulle beurt teen Benoni se tweedes vasgeval.

Die telling was Nigel 6 – Benoni 24.

Handerik Deyzel was suksesvol met twee strafskoppe vir Nigel se tweedes.

Nigel speel op 7 September in die halfeindstryd.

Die eerste span gaan met Elsburg kragte meet en die tweede span sal die span van VUT aandurf.

Benoni op die aanval in die wedstryd teen Nigel.
Exit mobile version