Leerders presteer ook buite die klaskamer

Die leerders het op die sportveld en verhoog hul kant gebring.

Leerders van die Hoër Volkskool het die afgelope tyd buitemuurs en op die sportveld uitgeblink.

Krieket:

Volkskool se krieketspanne het onlangs teen Overvaal te staan gekom.

Die eerste span het Overvaal met 312 lopies verslaan. Volkskool het 387/6 aangeteken en Overvaal vir 75 lopies uitgehaal.

Quentin Dietrichsen het 51 lopies van 61 balle en vier paaltjies vir 18 lopies aangeteken, Marco Botha 55 lopies en Matthew Wentzel 191 lopies van 131 balle.

Die o15 span het teen Overvaal se o15 span vasgeval. Volkskool teken 168 lopies aan met al hulle kolwers uit en Overvaal behaal 169 lopies met een kolwer uit.

Die Volkies o14 krieketspan het Overvaal ook bloedneus gegee en gewen.

Die beste kolwer was Marlo Schoeman met 52 lopies.

Quentin Dietrichsen.

Perdry:

Jana Potgieter, Graad 9, het op 9 en 10 Augustus aan die Sanesa Saddleseat Nasionale Kampioenskappe deelgeneem met haar perd, Colour me Gambit.

Potgieter behaal ‘n eerste plek met vlak sewe – driegang prestasie asook ‘n tweede plek met vlak sewe – driegang perdry. Jana is ook gekies vir die Gauteng A-span.

Jana Potgieter.

Landloop:

Volkskool se landloopatlete het uitstekend gevaar tydens die D7-kampioenskappe. Ses atlete het gekwalifiseer om aan die Gauteng Landloop kampioenskappe deel te neem.

Die uitblinkers tydens die byeenkoms was:

Eerste plekke: Melaney Pruis dogters o14 en Luyanda Willemse dogters o16.

Tweede plekke: Kay-Lee Billings dogters o19 en Tristan van Wyk seuns o14.

Vierde: Shimaley Beytell dogters o15.

Sesde: Zandré Smook seuns o17.

Lolla en Anneke Els.

Dans:

Twee van die Hoër Volkskool se leerders, Lolla en Anneke Els het ‘n storm losgedans op 9 Augustus by die Show your Talent kompetisie in Gauteng. Hulle albei verower twee Ultra Gold medaljes in hul dans genres, klassieke ballet en kontemporêr.

Hul verwerf hul SA kleure en is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by New York se Show your Talent in 2025.

Marlo Schoeman.

Hokkie:

Volkskool se seuns hokkiespanne het teen Hoërskool Dinamika gespeel tydens die binnenshuise hokkie liga.

Matthew Wentzel.

Die uitslae was soos volg:

Eerste span: Volkskool 0 – Dinamika 3 en o16: Volkskool 1 – Dinamika tweedes 0.

Volkskool se dogters hokkie span het aan die SPAR toernooi deelgeneem en die uitslae was:

o15: Volkskool 0 – Hugenote 4 en Volkskool 1 – Dr EG Jansen 2.

Eerste span: Volkskool 1 – Hoërskool John Vorster 0.

Marco Botha.
Exit mobile version