Balfour Hengelklub vaar goed by Vaaldam

Die volgende kompetisie is by Gloy's Vaaldam op 7 September.

Lede van die Balfour Hengelklub het op 3 Augustus weer ‘n paar grotes uitgetrek tydens die hengelkompetisie by Steyn’s Vaaldam.

Altesaam 22 lede van die klub het deelgeneem en ‘n totaal van 69 vis met ‘n gewig van 50.058kg gevang.

Die uitslae is soos volg:

Senior wenners: Eerste plek Johan Dames nege vis (7.606kg), tweede was Bennie Kriel met agt vis (5.205kg) en in die derde plek, James Walker met sewe vis (4.760kg).

Vroue: Eerste plek Ingrid Kriel nege vis (5.185kg), en tweede Riette Dercksen een vis (0.324kg).

Die junior wenner was Eerste Kallie Kriel vyf vis (2.839kg).

Swaarste karp: John Dames met ‘n gewig van 3.258kg

Swaarste graskarp: Boetie Hassen met ‘n gewig van 2.929kg

Swaarste moddervis: Johan Dames met ‘n gewig van 0.765kg

Swaarste geelvis: Frikkie Nel met ‘n gewig van 0.503kg

Die volgende kompetisie is op 7 September by Gloy’s, Vaaldam.

Om by die Balfour Hengelklub aan te sluit kan Lukas Stolz by 084 757 6058 of Bennie Kriel by 079 888 6052 gekontak word.

Exit mobile version