Local newsSport

Krieketspelers en langasems laat nie op hulle wag nie

Verskeie Volkie leerders is gekies om provinsiale spanne te verteenwoordig.

Leerders van die Laer Volkskool het die afgelope tyd goed presteer op die sportvelde.

Vier krieket spelers is gekies is vir Sedibeng spanne.

Blake Haskins, Tjaard du Plessis en Stephan Botha het die o12 South Area span gehaal en Ronaldo Braun die o13 Sedibeng span.

Verskeie van die skool se landloopatlete is gekies om Vaaldriehoek te verteenwoordig tydens die ASA Landloop Kampioenskappe wat op 7 September plaasvind by die Isak Steyl Stadion Vanderbijlpark.

Die atlete is Amoné Roos, Klarabelle Coetzee, Rowan Bolton, Christiaan Lewis, Adriaan Coetzee en Ruben Marais.

Die krieketspelers wat goed vaar op die veld. Agter: Frikkie le Grange (Laer Volkskool) en Nico Raubenheimer (Hoër Volkskool). Voor: Blake Haskins, Tjaard du Plessis en Stephan Botha en Ronaldo Braun.

Related Articles

Back to top button